... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Genade Sonder Waarheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 1:32 Hulle is bewus van God se bepaling dat mense wat met sulke praktyke besig is, die dood verdien. Tog is hulle nie net self aktief daarmee besig nie; hulle spoor ook nog ander aan wat daarmee besig is. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Genade Sonder Waarheid


Download audio file

Ons het die afgelope paar dae oor die waarheid gesels. God se Waarheid. En ons het gesien dat waarheid sonder genade maar net ‘n klipharde namaaksel is. Waarheid sonder genade is glad nie God se waarheid nie. Maar wat van genade sonder waarheid?

Politiese groeperings is deesdae ‘n alledaagse ding. Maar weet jy, regs van daardie spektrum is dit nie te moeilik om genadelose smouse van God se waarheid te vind nie. Mense wat, soos Carey Nieuwhof dit stel, ander sal vermorsel met die skerp lem van die waarheid. Ons het dit almal al gesien.

Maar aan die teenoorgestelde kant van daardie politiese spektrum, na links, kry jy genade sonder waarheid. Laat ek weereens vir Carey Nieuwhof aanhaal:

Verwyder waarheid uit genade en jy het nie genade nie, maar ‘n ruggraatlose namaaksel. (Jy sien seker, dat dit die skadukant van liberalisme is.)

Ek weet, hierdie verwysings na links en regs, na konserwatisme en liberalisme kan sommige mense ontstel, maar ek wil nie een groep hier bo die ander stel nie. Die belangrikste ding is om God se Waarheid, God se Woord in ons hedendaagse situasie te gebruik. Hier is Sy Woord oor genade sonder waarheid in:

Romeine 1:32 Hulle is bewus van God se bepaling dat mense wat met sulke praktyke besig is, die dood verdien. Tog is hulle nie net self aktief daarmee besig nie; hulle spoor ook nog ander aan wat daarmee besig is. (NLV)

Jy kan iemand liefhê en jy kan vol genade teenoor hulle wees, maar tensy jy ook God se waarheid as maatstaf gebruik, dan gee jy vir hulle ‘n ruggraatlose namaaksel van genade. Jy sê dan in werklikheid, vergeet van al daardie morele goed in die Bybel, dit is outyds. Dit is nie meer van toepassing nie, want deesdae is enigiets, en alles, oukei.

Maar dit is eenvoudig nie waar nie. Genade sonder waarheid lei tot ‘n ewigheid sonder Christus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.