... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Lydende God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 53:3,5 Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.

Listen to the radio broadcast of

Die Lydende God


Download audio file

As ek en jy swaarkry, veral as ons weet dit nie ons skuld is nie, en wanneer die lyding verskriklik onregverdig lyk, vra ons onsself af : Hoe kan God dit toelaat? Hoe kan Hy dit so laat voortduur?

Lyding is iets wat ons laat twyfel aan die bestaan ​​van ‘n liefdevolle, almagtige God. Dit maak nie sin dat Hy liefdevol EN almagtig is, as Hy nie die lyding stop nie. Kan Hy nie ten minste die onregverdige soort lyding, soos kinders met kanker en vroue in slawerny stop nie? Hoekom doen Hy dit nie?

Ek het nie al die antwoorde nie, maar wat my voete onder my uitslaan, is die feit dat Jesus na hierdie wêreld gekom het, nie net om vir ons te wys hoe God regtig is nie, maar in die eerste instansie om verskriklik te ly. Ja, Hy het gekom om die straf vir jou en my sonde op sy skouers te neem, sodat ons vergewe kan word; sodat ons die gratis gawe van die Ewige Lewe kan hê.

Jesaja het sy lyding eeue tevore al voorspel. Ons lees in:

Jesaja 53: 3,5 Hy was verag en deur die mense verstoot, ‘n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie…

Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Lyding is eenvoudig deel van die lewe; al sou ons dit so graag anders wou hê. Nee, ek weet nie waarom God ‘n heelal geskep het wat lyding insluit nie. Maar, wat ek wel weet, is dat Hy self verskriklik gely het.

Jesus is geslaan en wreed deur sy hande en voete aan ‘n kruis vasgespyker, waar Hy stadig in ontsettende pyn versmoor het.

Die God wat ek ken, is die God wat saam met ons ly.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge