... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Verborge Skat

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 13:44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land.

Listen to the radio broadcast of

Verborge Skat


Download audio file

As iemand vir jou die één ding kan gee wat jy regtig wil hê, wat sou dit wees? Dink ‘n bietjie. En dan, as jy dit gekry het, sou dit jou vir ewig en vir altyd tevrede hou? Wel, sou dit? Op een of ander manier is dit asof ons almal op ‘n skattejag is. Ons is op soek na daardie één ding, daardie verborge skat, wat ons lewenslank sal bevredig. Weet jy, dat ons eintlik soek, na ‘n diep gevoel van tevredenheid en voldaanheid. En totdat ons dit bereik, sal daar altyd ‘n leemte wees. Verskillende mense, soek op verskillende plekke en hulle het  verskillende antwoorde op die vraag van wat vir hulle ewige geluk sal bring. Weet jy, dit kan vir ‘n rukkie voel asof ons dit gevind het – maar namate die dae en weke verbygaan, word ons gedwing om tot die gevolgtrekking te kom, dat dit tog nie dit was nie!” En weet jy hoekom? Dit is omdat ons deur God ontwerp is, om slegs volkome en diep tevrede te wees in ‘n ryk en oorvloedige verhouding met Hom. Dis die dit. Jesus het dit so gestel in: Matteus 13:44Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ‘n skat wat in ‘n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land.” Dit het my laat regop sit. Ek het omtrent alles onder die son probeer om my tevrede te stel en my veilig te laat voel, maar niks het gewerk nie. Ek kan jou verseker ek het wyd en syd gesoek! En toe eendag, het ek op hierdie verborge skat afgekom. Jesus. Ek het nie alles wat ek besit, fisies verkoop nie, maar aan die binnekant het ek alles aan Sy voete neergelê. Nie omdat ek moes nie, maar uit vreugde, omdat ek uiteindelik daardie skat ontdek het. Die lewe was sedertdien nog nooit dieselfde nie. Uiteindelik het ek dít gevind. Jesus. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge