... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Nie Goed Genoeg Nie?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 5:15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.

Listen to the radio broadcast of

Nie Goed Genoeg Nie?


Download audio file

Daar is iets wat gebeur wanneer ons op Jesus vertrou – op die Seun van God. Op Hom, wat Hy gestuur het om ons sondes weg te neem. En dit is inderdaad die rede waarom God Hom gestuur het om aan die Kruis te sterf. En dit my vriend, was ‘n ontsettende groot gebeurtenis. Dit het die hele gang van die geskiedenis verander. Party dae voel dit asof jy jou bes probeer, maar op een of ander manier is jou beste, eenvoudig nie goed genoeg nie. Ek het al so gevoel. Jy het seker ook al so gevoel. Ons kyk na onsself in die spieël en wonder: ‘Wat is fout met my? Waarom is ek so? ” Op een of ander manier kan ons net nie die uitdagings wat ons in die gesig staar oorkom, of aan die verwagtinge van mense om ons, voldoen nie. En dis dan wat jy ‘n klein, stemmetjie hoor sê: Dit is nie hoe Ek jou sien nie. Hoe nou? Toe my Seun aan daardie kruis gesterf het – het Hy vir jou gesterf. Hy het al jou gevoelens van ‘nie goed genoeg nie’ op Hom geneem. Ek sien hulle nie meer raak nie. Regtig? Wat beteken dit? Dit beteken dat as Ek na jou kyk, sien Ek jou soos jy veronderstel was om te wees. En as ek saam met jou die pad stap en jy saam met My, treetjie vir treetjie, sal jy die persoon word, wat Ek jou gemaak het om te wees. Dis natuurlik nie my woorde nie, kyk wat staan in: 2 Korintiërs 5:15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is. Ja, dis korrek, Jesus het gesterf sodat jou sondes vergewe kon word. Ja, Hy het die prys betaal … maar met ‘n einddoel in gedagte; dat hulle nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is. Dit is ‘n nuwe lewe. ‘n Lewe wat ons vir Hom leef. Die verlede is irrelevant. In Christus lê ‘n heerlike toekoms voor. Die geheim is om vir Hom te leef, nie vir jouself nie. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge