... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Lig in die Duisternis

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 4:6 God wat gesê het, “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte 'n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal. 

Listen to the radio broadcast of

Lig in die Duisternis


Download audio file

Die idee dat jy die liefde van ‘n God kan ervaar wat jy nog nooit in  lewende lywe ontmoet het nie, ‘n God wat jy nie kan sien nie, sal deur party mense as verwarrend beskou word. Dit is seker moontlik om so te voel, totdat die lig van Sy liefde in jou hart skyn. Dan sal jy nooit weer dieselfde wees nie.

Ek reis nogal baie en ek het onlangs alleen in ‘n hotelkamer aan die anderkant van die wêreld gesit. Toe ek my oë toemaak, kon ek die beeld van my vrou se gesig sien. Skielik het ek nie meer alleen gevoel nie. Het jy dit al ooit beleef? Jy sien die beeld van iemand waarvan jy hou, en daar is ‘n ervaring; ‘n lig, wat jou hart warm laat klop.

As God ons lief het, kan ons dan vir God so beleef? Kan ons sy liefde op so ‘n manier ervaar? Goeie vraag.

Dit is juis daarom dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het. Wil jy weet hoe God lyk? Kyk na Jesus, God wat ‘n mens geword het, God wat die ongelowiges liefgehad het. God wat gely het en gesterf het vir jou en vir my. Kyk, wat aan die begin van die Skepping gebeur het:

Genesis 1:3 lees ons: Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.

Die heel eerste ding wat God geskep het, was lig. Dink daaraan! Blaai vorentoe na die Nuwe Testament, en die apostel Paulus stel dit so in:

2 Korintiërs 4:6 God wat gesê het, “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte ‘n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal. 

Dit maak nie saak waar ons is nie. Hoe alleen ons voel nie. Hoe goed, sleg of onverskillig ons lewe nie. Laat daar lig wees – Die lig is Jesus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.