... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Het jy ‘n Redder Nodig?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 3:21-24 Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.

Listen to the radio broadcast of

Het jy ‘n Redder Nodig?


Download audio file

Ek weet nie of dit jou al opgeval het, watter groot gaping daar aan die een kant, tussen die alledaagse lewe, met al sy eise, en aan die ander kant die begrip van God, sy vergifnis, en ‘n Ewige Lewe, bestaan nie.

Het jy al een van daardie straatpredikers gesien wat op ‘n seepkissie staan ​​en met sy prekerige stem uitroep:  Bekeer. Bekeer jou voordat dit te laat is. Ons het almal gesondig en ontbreek aan die heerlikheid van God. Bekeer jou van jou slegte weë . Bekeer jou van jou boosheid. Slegs in Christus vind jy verlossing. Hy is die enigste weg. Keer terug na God. Bekeer!

O, gee my krag – wie ís hierdie man?!

Die ‘kerk’ sê al twee duisend jaar lank vir die ‘wêreld’ dat hulle ‘n Verlosser nodig het. Baie mense hoor dit en dink – Ag nee, ek is nie so sleg nie! Ek hoef nie gered te word nie. En as ek ‘n ewigheid met dáárdie man moet deurbring, lyk die hel miskien nie so ‘n slegte opsie nie.

Selfs al glo ons reeds ‘n tyd lank in Jesus, dink ons dikwels… Wel, ek is nie só ‘n slegte persoon nie. My ‘sondes’ is net klein sondetjies. Bekeer? Nee, dit is vir iemand wat baie slegter as ek is.

Romeine 3:21-24 Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.

Daar is geen hiërargie van sondes nie. Daar is geen uitsonderings nie. Almal van ons het gesondig. Nie een van ons is goed genoeg om in God se goddelike heerlikheid te deel nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.