... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geen Geleentheid vir ‘n Redder Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Listen to the radio broadcast of

Geen Geleentheid vir ‘n Redder Nie


Download audio file

Hier is ons… alweer. Nog ‘n Kersdag in ‘n lang string van Kersdae. Hoe voel jy oor hierdie dag? Wat gaan jy daarmee maak?

Die storie van Kersfees is ‘n bekende een. Maria, deur die Heilige Gees buite-egtelik swanger, en haar verloofde, Josef (wat nie die kind se pa is nie), was albei daar in ‘n stinkende, klam, winderige stal. Hoekom? Want daar was nie vir hulle plek by die herberg nie.

En hoekom was daar nie vir hulle plek by die herberg nie? Omdat mense besig was om te reis; die hele wêreld was aan die beweeg. Die Romeinse regering het besluit om ‘n sensus uit te roep. Dit het vereis dat die hele bevolking na hul plek van oorsprong moes reis om getel te word.

Dit is die rede waarom Maria en Josef in Betlehem was. Die ongewone toeloop van mense was die rede waarom hulle nie in ‘n herberg kon tuisgaan nie. Die besigwees van hierdie wêreld het hulle uitgestoot, selfs hul eie Verlosser misken … Hulle het Hom na die periferie van wêreldse sake gestoot; vir Hom het hulle in ‘n stal uitgestoot.

Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ‘n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Ek wonder of dit nie vandag nog die werklikheid van Kersfees is nie. Jesus, die Verlosser van die wêreld, word uit die besige wêreld gestoot omdat niemand vir Hom plek wil maak nie.

Wat beplan jy vir hierdie dag? Gaan jy die koms van ‘n Verlosser wat jou van jou sonde kom red het; vir jou vergifnis gebring het en ‘n nuwe, ewige lewe kom gee het, herdenk? Of is jy te besig; oorbetrokke by die dinge van hierdie wêreld?

Maak plek vir Jesus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy