... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Hede

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Titus 2: 11,12 Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe,

Listen to the radio broadcast of

Die Hede


Download audio file

Bevrediging, tevredenheid, dit is die dinge waarna ons almal smag. Daardie gevoel van vervulling. Daardie gevoel aan die einde van ‘n lang, moeilike dag, dat dit die moeite werd was, al is jy moeg. Waarom hunker soveel mense altyd na meer?

Dit is te maklik om ons lewens voortdurend te leef en te wag vir die volgende groot ding om te gebeur. Ons is nooit tevrede in die hede nie. Ons verlang altyd na die volgende bevordering, die volgende salarisverhoging, die volgende ding.

Is dit ook hoe jy somtyds voel? Is daar iets waarna jy voortdurend smag, iets beter waarvoor jy hoop en verlang na?

Natuurlik praat die Bybel nogal baie oor hoop op die toekoms; ‘n vaste, onfeilbare hoop in Christus. ‘n Hoop wat nooit sal beskaam nie. Maar die Bybel praat ook baie oor die hede.

Titus 2: 11,12 sê:  Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe,

Dit gaan oor die hede. God se genade is uitgestort. Dit is ‘n afgehandelde transaksie. Die Bybel gaan nie net oor die toekoms nie, dit leer ons ook hoe om in die hede, vandag, te leef, en dat ons nie die slegte dinge wat ons vroeër gedoen het, moet doen nie.

God se genade stel ons in staat om ‘n vervulde lewe hier op aarde te leef. ‘n Lewe van wysheid. ‘n Lewe wat van ware toewyding aan God spreek.

Dit beteken nie dat jy nie hoop mag hê en na goeie dinge mag uitsien nie, maar laat die guns van God, wat alreeds in Christus joune is, jou lei in ‘n lewe van wysheid en goedheid. So sal jy tevredenheid in die hede kan beleef.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge