... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bangladesh

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 58:11 Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

Listen to the radio broadcast of

Bangladesh


Download audio file

Vreugde, krag, bevrediging, tevredenheid … dit is maklik om op die verkeerde plekke daarna te gaan soek. Miskien is dit die rede waarom so baie ryk mense, so ongelukkig is. Wat dink jy?

Ek was ‘n paar jaar gelede in Indië saam met ‘n kollega uit Bangladesh. Hy woon in ‘n piepklein landjie, ‘n paar honderd kilometer van noord na suid en oos na wes, met ‘n bevolking van160 miljoen mense.

Tydens middagete lyk dit of my kollega sy kerrie met groot geesdrif eet en meer geniet as die meeste ander mense aan die tafel.  Hy was ‘n goed geklede jong man, opgevoed en intelligent, met ‘n regte sprankel in sy oë. Ek het hom uit belangstelling gevra: “Wat eet julle in Bangladesh?” Ek het probeer uitvind of hierdie kos anders is as die van sy vaderland, waar ek nog nooit was nie.

Sy antwoord het my heeltemal uit die veld geslaan: “Meestal rys, hoewel daar party dae geen kos is nie, dan eet ons nie.”

Ek kom uit so ‘n welvarende deel van die wêreld en tog is daar te midde van al daardie rykdom soveel ongelukkigheid. Soveel mense is net so begaan oor hulself, hoe hulle lyk en wat ander van hulle dink, dat hulle uiteindelik perspektief verloor. Ware vreugde, opregte vrede; daardie gevoel van rustige vertroue in die lewe, wat nie afhang van geld of selfs ‘n vol maag nie, is waarna die mens smag.

In Jesaja 58:11 staan: Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

Ware vreugde kom van die Here. Van ‘n ryk, kragtige verhouding met Jesus. My vriend uit Bangladesh weet dit.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge