... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat is God se plan?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Levitikus 26:11,12 Ek sal by julle woon en nie 'n afsku van julle hê nie. Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees.

Listen to the radio broadcast of

Wat is God se plan?


Download audio file

Ek weet nie van jou nie, maar soms begin ek wonder wat die sin van die lewe is. Veral, as ek moedeloos voel oor die dinge waarvoor ek nie lus het nie, maar moet doen. Wat is die doel daarvan? Ek kan regtig Het jy al ooit gewonder of God regtig God is? As Hy jou, my en die heelal gemaak het, waarom het Hy dit dan gedoen? Wat was sy doel met dit alles?

In een van die eerste boeke van die Bybel sê Hy in: Levitikus 26:11,12 Ek sal by julle woon en nie ‘n afsku van julle hê nie. Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees. Dit staan daar, God se diepste begeerte … Hy wil ons God wees; ons moet aan Hom behoort en Hy wil in gemeenskap met ons leef.

Met ander woorde, God het ons geskape om naby aan Hom te wees. Dwarsdeur sy Woord lees ons van hierdie verhouding wat God met elkeen van ons  begeer… tot aan die einde, waar Hy ons ‘n blik gee op dít wat vir elkeen, wat in sy Seun Jesus glo, wag.

Openbaring 21:3 Toe het ek ‘n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. My vriend, dit is hoe dit eindig. God se hartsbegeerte om ons God te wees, en ‘n diep verhouding met ons elkeen te hê, sal dan vervul wees. En wat van die dinge wat alles tussenin gebeur? Geskiedenis? Ons eie lewens?

Weet jy, hulle is almal deel van die wonderlike reis wat God beplan het  – van die begin af tot en met die vervulling daarvan. Wat ‘n plan! Wat ‘n reis! Wat ‘n einde! Ek sal by julle bly; julle sal my volke wees, en Ek sal by julle wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge