... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sou jy kon doen met ‘n miljoen?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 62:6,7,11 Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie.

Listen to the radio broadcast of

Sou jy kon doen met ‘n miljoen?


Download audio file

“As ek maar net ‘n bietjie meer geld gehad het! Nou nie ‘n miljoen nie, net so tien persent meer. Dit sal baie handig inkom!” Is dit nie wat die meeste van ons dink as dit by geld kom nie? Net ‘n bietjie meer … dis  al wat ons wil hê. Maar sal dit ‘n verskil maak?

Ons verstaan dat alle mense op die aarde nie ewe ryk is nie. Daar is ‘n spektrum van baie ryk tot baie arm mense. My voete word onder my uitgeslaan as ek net daaraan dink, dat mense in Chicago in die VSA, in Manchester in die Verenigde Koninkryk, in Krakow in Pole, in Sao Paulo in Brasilië, iemand in Wewak in Papua-Nieu-Guinee almal vandag ‘n VARS- boodskap in sy eie taal ontvang. Dit veroorsaak nogal ‘n tameletjie.

Wat sê ek oor geld, sonder om op iemand se tone te trap? Hoe voel ons oor God se siening van rykdom, as ons nie almal ewe ryk of ewe arm is nie? Gelukkig oortref God se wysheid ons individuele situasies. Is dit nie maar menslik dat almal meer geld wil hê nie? Dan is dit ook nie snaaks, dat sommige mense bykans enige iets sal doen om dit te kry nie; maak nie saak of hulle ryk of arm is nie.

Psalm 62:11 Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie. Meer geld is nie die antwoord op enigiemand se ellende nie. Miskien het jy genoeg, miskien het jy nie. Maar ek het al mense gesien, wat alles het wat hul hart kan begeer, mense wat aan wêreldse standaarde veronderstel is om só gelukkig, só veilig te wees, maar tog ellendig, verlore én leeg is. Dit is wat gebeur as rykdom ons lewe regeer.

In dieselfde Psalm skryf koning Dawid ook: Psalm 62:6,7 Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. Geld is nie alles nie. God is. Hy is die allerbeste.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge