... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Twee pap Bande

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 40:30,31 Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

Listen to the radio broadcast of

Twee pap Bande


Download audio file

Moegheid is deesdae ‘n pandemie. Wat’s fout? Kry mense nie genoeg slaap nie? Moontlik. . . Maar ek vermoed dat die oorsaak van die gevoel van moegheid baie dieper lê, as ‘n blote tekort aan slaap.  Enigiemand wat ‘n motor besit, weet hoe verskriklik dit is om te ontdek dat jy ‘n pap band het. Wat ‘n pyn! Maar daar is iets erger, as om net een pap band te hê. Ja, jy het geraai. Dit is om twee pap bande te hê. Dit is beslis baie, baie erger. Dit het net onlangs met my gebeur. Terwyl ek ‘n paar dae weg was, het iemand ‘n skroewedraaier deur een van my motor se bande gesteek. Fantasties! Ek het die noodband opgesit, maar nie kans gemaak om die beskadigde een te herstel nie. Gister kom my vrou moedeloos uit die motorhuis teruggestap, met die aankondiging dat sy nêrens heen kan gaan nie, want ‘n tweede band is pap. Solank jy ‘n noodwiel het, gaan dit goed met jou. Maar as die noodwiel ook beskadig is, gaan jy nêrens heen nie. En dit is hoe baie mense hul lewens leef. Emosioneel is hulle platgeslaan en terselfdertyd is hulle ook geestelike uitgeput. Twee pap bande. Hulle gaan nêrens heen nie. Mense vra my gereeld hoe ek, op my ouderdom, so ‘n besige tempo volhou. Dit is regtig baie eenvoudig. Ek bring elke oggend, tyd deur om te bid. Tyd alleen met Jesus. Tyd in God se Woord. Jesaja 40:30,31 Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. Wag op die Here. Vernuwe jou krag. Elke dag. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge