... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Onluste

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 27:23,24 Hy vra: “Watter kwaad het hy dan gedoen?” Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!” Toe Pilatus sien dit help niks nie en dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water gevat en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dit is julle verantwoordelikheid.”

Listen to the radio broadcast of

Onluste


Download audio file

Miskien voel dit ‘n bietjie vreemd om hierdie tyd van die jaar oor die dood van Jesus te praat. Ons doen dit gewoonlik gedurende Paasfees en dis amper Kersfees! En tog, wat Jesus vir jou en my aan die kruis gedoen het, is die belangrikste ding wat iemand ooit kon doen, maak nie saak watter tyd van die jaar dit is nie.

‘n Paar jaar gelede was daar ‘n paar lelike ras-onluste nie ver van waar ek woon nie. ‘n Woedende menigte het chaos in die strate veroorsaak, mense geslaan, motors verwoes en bottels na die polisie gegooi.

Ons was almal ontstoke. Hierdie tipe onluste vind eenvoudig nie in ons woonbuurt plaas nie. Binne dae het die regering strawwe nuwe wette in plek geplaas.

Stel jou nou voor dat jy God is. Jy het ‘n Seun. Jy stuur Hom aarde toe as ‘n man om mense soos ek en jy te red; selfs mense soos dié in daardie oproerige skare.

Hulle beskuldig Hom vals. Maar Hy word onskuldig bevind. Toe begin die opstandige skare, dieselfde mense wat net ‘n paar dae tevore sy lof besing het, maar wat deur fanatiese godsdienstige leiers opgesweep is, dreunsing: “Kruisig Hom, kruisig Hom.”

In Matteus 27: 23,24 staan: Hy vra: “Watter kwaad het hy dan gedoen?” Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!” Toe Pilatus sien dit help niks nie en dat daar eerder ‘n oproer kom, het hy water gevat en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dit is julle verantwoordelikheid.”

As jy God was, sou jy toegelaat het dat dit gebeur? Ek sou nie! Ek sou streng nuwe wette uitgevaardig het. Maar nee, God het gedwee toegekyk ​​en die lewe van sy Seun gegee om die prys van geregtigheid vir my en vir jou te betaal.

Dit is nie hoe ek dit sou gedoen het nie. Maar God het dit so gedoen en dis genade.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge