... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Daardie geheime Element

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 12:47 En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red.

Listen to the radio broadcast of

Daardie geheime Element


Download audio file

Ek vermoed dat baie mense deur die lewe gaan met ‘n knaende gevoel dat iets ontbreek. Dit is die gevoel dat alhoewel ek in ‘n tweedimensionele wêreld leef, daar ‘n derde dimensie moet wees, wat ek nog nie ontdek het nie. Iets ontbreek. Die lewe gly onverbiddelik voort. Die sekondes, minute, ure, dae … maande … jare … en ja, die dekades. Party dae is fantasties, en dit is hoe dit moet wees. Ander weer, nie so goed nie. Ander dae, heeltemal aaklig. En dan is daar die dae tussenin, wanneer jy besef dat alhoewel alles mooi lyk, daar tog iets ontbreek. Dit is moeilik om jou vinger op die wond te lê. Jy voel onvergenoeg, want jy wéét dat daar iets meer moet wees. Dit is nie godsdiens waarna jy soek nie. Godsdiens gaan oor reëls en rituele en veroordeling. Nee, dit is nie waarna enige een van ons soek nie. Daar moet iets meer wees! Natuurlik is daar. Liefde. ‘n Vader se liefde. Lewe. ‘n Nuwe lewe. Jesus gesê: Johannes 12:47 En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red. Red? Red? Red van wat? Van daardie íéts. Dis moeilik om dit haarfyn vas te pen. Ek het nooit gedink dat ek van iets ‘gered’ moet word nie. Dit het baie goed gegaan met my, maar diep in my hart het ek geweet dat daar nog iets ontbreek. Na al die jare, sedert ek Jesus die eerste keer ontmoet het, weet ek waarvan ek gered moes word. My eie ek. Ek was die probleem. My walglike houding. My selfsug. My kortsigtigheid. Dit is waarvan ek gered moes word. Wat van jou? Ek het nie gekom om jou te veroordeel nie. Ek het gekom om jou te red. Jesus. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge