Die Paasfees “Fees?”
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.
Matteus 20:18,19 Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die Mens sal oorgelewer word aan die leierpriesters en skrifkenners. Hulle sal Hom ter dood veroordeel, en Hom aan die heidene oorlewer om Hom te bespot, te gesel en te kruisig; maar op die derde dag sal Hy opgewek word” (AFR20)
Daar is sekere geleenthede wat op ‘n baie vreemde manier in die samelewing gevier word. Ons mense doen mal dinge. Ons het parades vir perdewedrenne. Nasies kom tot stilstand vir sokkerwedstryde. Maar Paasfees; nee wat mense, ek dink Paasfees is die kersie op die koek.
Waarom sê ek dan dat Paasfees so ‘n vreemde “fees” is, as ek dit so kan noem? Dink net, ons almal smul aan te veel sjokolade-paaseiers en dan is daar die paashaas. Hy span beslis die kroon! Is dit nie regtig ‘n vreemde manier om Christus se dood te gedenk nie?
Toe ek op skool was, het ons ook elke jaar met Paasfees ‘n belaglike “Easter Bonnet Parade” gehou, waar ons almal verspotte hoede moes maak en opsit.
Maar om alles te kroon, gaan daardie selfde feesvierende Christene almal kerk toe, want hulle sê hulle wil Jesus – die Seun van God – wat gekruisig is en toe uit die dood opgestaan het, gaan eer – so sê hulle.
Wat ‘n vreemde viering! En ons noem dit “Paasfees.” Hmm.
Ons lees in Matteus 20:18,19 wat Jesus sê: “Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die Mens sal oorgelewer word aan die leierpriesters en skrifkenners. Hulle sal Hom ter dood veroordeel, en Hom aan die heidene oorlewer om Hom te bespot, te gesel en te kruisig; maar op die derde dag sal Hy opgewek word” (AFR20)
Kan ek jou vra, dink jy nie, dat as Jesus is, wie Hy gesê het Hy is, en die feit dat Hy gesterf het en weer opgestaan het, van groot betekenis behoort te wees nie?
Die vraag is – watter betekenis? Sê my, wat beteken dit vir jou in hierdie tyd waar ons Paasfees nader? Wat beteken die feit dat Jesus twee duisend jaar gelede vir jou gesterf en opgestaan het, vir jou persoonlik? Wat beteken dit vandag vir jou?
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.