... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe om Vrees en Moedeloosheid te Oorwin

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Josua 1:9 Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

Listen to the radio broadcast of

Hoe om Vrees en Moedeloosheid te Oorwin


Download audio file

Het jy al opgelet wat met jou emosies gebeur wanneer dinge skeefloop? Die tye wanneer omstandighede baie sleg lyk en wanneer die donker wolke om ons saampak en ‘n massiewe storm vorm, wat dreig om ons te vernietig. Ja, dis amper asof ons emosies daarmee saamspeel, om dinge nog erger te maak. Het jy dit al ervaar?

God het nogal ‘n sin vir humor. Die oggend toe ek hierdie boodskap voorberei het, was ek gekonfronteer met ‘n ernstige kwessie wat ons bediening bedreig het. En net daar, het my emosies dinge nog erger laat lyk, soos wat met ons almal gebeur wanneer ons emosies handuit ruk.

Ek is die ou in beheer. Ek is die een na wie mense kyk wanneer dinge verkeerd loop. Ek is die een ou wat nie wankelrig in sy geloof kan wees nie. Glo my, dit veroorsaak groot druk! Maar jy sien, ek was al voorheen in so ‘n situasie. En wanneer dit gebeur, is die eerste versie waarna ek soek, hierdie een in: 

Josua 1:9 Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade.

Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

Dit was die woorde wat God net na Moses se dood, vir Josua gesê het toe hy as die leier van Israel moes oorneem. Hy moes oorlog voer om die land, wat God eeue tevore aan Abraham beloof het, in te neem.

Dit was ’n skrikwekkende tyd en in sulke tye ervaar ‘n mens twee emosies. Vrees en moedeloosheid. Wat ‘n giftige mengsel is dit nie! Vrees, wel ons verstaan wat dit is. Maar moedeloosheid of ontsteltenis – is daardie gevoel van om verpletter te wees wanneer dinge nie uitwerk soos ons gehoop het dit sou nie – dit is soos ‘n leër van rysmiere wat aan ons siel vreet en ons vertroue in God vernietig.

Maar die opdrag is: Wees sterk, wees vasberade. Hoe kry ons dit reg?

… want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy