... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Skynheiligheid en Selfbedrog

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 5:14-16 Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! ’n Mens steek ook nie ’n lamp op en maak dit onder ’n emmer toe nie. Inteendeel! Jy sit dit bo-op ’n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. “Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Skynheiligheid en Selfbedrog


Download audio file

Skynheiligheid en selfbedrog gaan hand aan hand. Iemand wie se dade nie met hul woorde ooreenstem nie, is baie beslis ’n huigelaar. Maar weet jy, baie dikwels word daardie skynheiligheid deur selfbedrog aangevuur. Huigelaars kyk in die spieël, maar bly heeltemal blind vir hul ellendige toestand.

Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat die ergste soort huigelaar ‘n godsdienstige een is. En dit is nie net ek wat so dink  nie. Jesus het die skynheilige godsdiensleiers van sy dag absoluut aan flarde geskeur. En jy hoef nie baie ver te kyk om te sien dat vir baie, sogenaamde Christene, niks verander het nie. Richard Rohr, ‘n Franciskaanse monnik stel dit so:

Christenskap is ‘n leefstyl – dit is veronderstel om die lewe ongekompliseerd, nie-gewelddadig en liefdevol te maak en met ander te deel. Maar ons het dit egter in ‘n vaste “godsdiens” (en alles wat daarmee saamgaan) gegiet en die verandering van lewenstyl self vermy. ‘n Mens kon tydens die grootste deel van die Christelike geskiedenis oorlogsugtig, gierig, rassisties, selfsugtig en ydel wees en tog sê dat Jesus jou “persoonlike Here en Verlosser” is. Maar die wêreld het nie meer tyd vir sulke lawwigheid nie. Die lyding op hierdie aarde is te groot.

Jesus het oor hierdie onversoenbare kloof tussen geloof en dade gepraat en gesê:

Matteus 5:16 Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! ’n Mens steek ook nie ’n lamp op en maak dit onder ’n emmer toe nie. Inteendeel! Jy sit dit bo-op ’n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis.  “Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!” (NLV)

Tensy ons daardie lig uitstraal, mislei ons onsself. Moenie skynheilig wees nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy