... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Goeie Nuus, Slegte Nuus

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 17:30,31 God het wel mense se vroeëre onkunde oorgesien, maar nou roep Hy alle mense oral op om die afgode te los en hulle tot Hom te bekeer. Hy het immers ’n dag bepaal waarop ’n Man wat Hy beskik het, in geregtigheid oor die wêreld gaan oordeel. As bewys vir almal wie dié Man is, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Goeie Nuus, Slegte Nuus


Download audio file

Wel, vandag is daar goeie nuus en daar is slegte nuus. Kom ons begin met die Goeie Nuus: God het jou ongelooflik lief en Jesus het vir jou sonde kom sterf sodat jy volkome vergewe kan word. Die slegte nuus is dat as jy nie die goeie nuus wil aanvaar nie, en nie daaruit wil leef nie, Hy jou sal oordeel en jou na daardie Christuslose ewigheid, wat ons die hel noem, stuur.

Ek weet, ek weet. Hier in die 21ste eeu lyk dit vir so baie mense net belaglik. Regtig? Dis daardie spul Christene nog hierdie onregverdige leuens op? Hoe kan hulle liefdevolle God moontlik mense hel toe stuur? Komaan! Of dalk glo jy diep in jou hart, die Goeie Nuus van Jesus, maar dalk leef jy jou lewe op ‘n manier wat jou ‘n bietjie ongemaklik laat voel? Goed, maar kom ons kyk wat God se beskouing hiervan is:

Handelinge 17:30,31 God het wel mense se vroeëre onkunde oorgesien, maar nou roep Hy alle mense oral op om die afgode te los en hulle tot Hom te bekeer. Hy het immers ’n dag bepaal waarop ’n Man wat Hy beskik het, in geregtigheid oor die wêreld gaan oordeel. As bewys vir almal wie dié Man is, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.” (NLV)

Ja, ons moet dit glo wanneer ons ons geloof in Jesus stel. Maar ‘n sleutel deel van hierdie Goeie Nuus is ons reaksie – om te verander en Hom te volg. Soos A.W. Tozer dit stel: “Die idee dat God ‘n rebel sal vergewe wat nie sy rebellie prysgegee het nie, is teenstrydig met die Bybel en ook met ‘n gesonde verstand.”

Verander en volg Hom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy