... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wolwe in Skaapsklere

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 3:1-5 Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig; hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God. Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.

Listen to the radio broadcast of

Wolwe in Skaapsklere


Download audio file

Weet jy wat is vir my skrikwekkend? Die feit dat mense wat hulself Christene noem, wat sê dat hulle Christene is, maar wat van binne, tot in die kern verrot is. Dis werklik ontstellend.

Deesdae is daar bykans nie ‘n week wat verbygaan sonder dat daar in die nuus iets is oor die een of ander skandaal wat die kerk getref het nie. As dis nie die misbruik van kinders of finansiële knoeiery is nie, is dit hierdie kwaksalwer-predikers wat wil hê dat mense tot hul laaste sent vir hulle moet stuur, met die valse belofte van genesing en voorspoed.

Gister het ons gekyk na ‘n lang lys van euwels in hierdie wêreld. Vandag gaan ons weer kyk, maar let op die wending aan die einde as ons die volgende vers byvoeg:

2 Timoteus 3:1-5 Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig; hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God. Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.   

Dit is ‘n verskriklike lys van euwels wat ons daagliks om ons sien gebeur. Maar het jy die wending aan die einde gesien? Paulus skryf aan sy jong leerling, Timoteus, oor die sonde van mense in die kerk. Hulle is wolwe in skaapsklere, heilig aan die buitekant, maar verrot van binne, asof hulle God kan bluf. Glo my, Hy weet wat aangaan.

Twee dinge. Eerstens, as jy jou lewe op prys stel, moet jy nie een van die bedrieërs wees op wie die toorn van God uiteindelik sal val nie. Tweedens, as jy een van hulle raakloop, en jy sal beslis, moet niks met hulle te doen hê nie.

Maak seker jy is ‘n liefhebber van God, nie ‘n liefhebber van self nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.