... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wie Dien Jy Werklik?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:24 omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.

Listen to the radio broadcast of

Wie Dien Jy Werklik?


Download audio file

Dit is tog so lekker om ‘n klop op die skouer vir goeie werk te ontvang. Ons hou almal daarvan, want slegs ‘n klein bietjie erkenning laat jou goed voel. Die probleem is egter dat nie al die goeie goed wat jy doen, die nodige erkenning kry nie.

Het jy al regtig baie hard gewerk en goeie werk gelewer en in plaas van dank of erkenning, behandel die mense jou asof jy ‘n misdadiger is?

Dit gebeur die hele tyd: óf hulle nou jaloers is, óf dalk ‘n slegte dag het en of hulle dalk bloot nare individue is. Goeie werk word dikwels nie die nodige erkenning gegee nie, en erger nog, dit wek alte dikwels kritiek en woede.

Dis nie ‘n nuwe ding nie. Dit is presies wat met Jesus gebeur het. Hy was geneesheer en prediker; Hy was simpatiek teenoor gewone mense met desperate behoeftes en Hy het die geveinsdheid van die godsdienstige leiers ontbloot… en, nou ja, op die ou end het hulle Hom aan ‘n kruis gespyker.

Sê my, hoe hanteer jy dit? Hoe stap jy die volgende dag by die werk in? Met ‘n glimlag en gereed om nog ‘n dag se uitnemende werk te lewer? Ons lees in:

Kolossense 3:24 omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.

Dis nou maar hoe dit is: sommige dae sal jou wonderlike werk  nie erken of beloon word nie. Sommige dae sal jou goeie bedoelings verkeerd vertolk word. Sommige dae sal jou uitnemendheid met woede hanteer word. Maar die Here weet wat gebeur. En op die regte tyd sal jy jou beloning van Hom ontvang. ‘n Beloning wat groter is as enigiets wat hierdie wêreld bied.

Hou dus aan om uitnemende werk te lewer. Hou aan met jou lofwaardige gedrag.

Onthou dat jy jou beloning van die Here sal ontvang, wat jou sal gee wat hy aan sy volk belowe het.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.