... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Lief vir Moeilike Mense

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 6:27 Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word;

Elke mens het ‘n behoefte aan liefde. Jy het, ek het, die mense om ons het, en weet jy, selfs die moeilikste mense in ons lewens, het ook liefde nodig. Ja, ons het almal beslis liefde nodig.

Kom ons dink net aan wat dit beteken om daardie vreeslike moeilike mense in ons lewens lief te hê. Daardie ou wat dit altyd regkry om jou te kritiseer, al het jy goed gevaar. Daardie vrou wat jou emosioneel dreineer. Daardie mense wat jou dikwels onbeskof behandel.

Daar is so ‘n persoon in die woonstelkompleks waar ek woon. Ek het hom al probeer help met sy probleme, maar al die hulp wat ek kon aanbied, was nog nooit goed genoeg vir hom nie. Hy is vreeslik onbeskof teenoor my as ons saam in die hysbak klim of in die gang verby mekaar loop. Ons natuurlike vleeslike reaksie is om hom terug te betaal met onbeskoftheid. In die vlees wil ons hom vertel waar Dawid die worteltjies gegrawe het.

Maar weet jy, so dikwels vra diegene wat ons liefde die nodigste het, op liefdelose maniere daarvoor. Die waarheid is dat daardie onbeskofte individu liefde desperaat nodig het. Hoe weet ek dit? Want ons almal het dit nodig. Jesus het dit ook geweet:

Lukas 6:27 Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word;

Daar is twee dele aan hierdie opdrag van die Here. Die eerste is dat ons ons vyande moet liefhê, eerder as om planne te beraam om wraak te neem. Die tweede is om daardie liefde uit te leef, deur goed te doen aan diegene wat ons haat.

Die uitdaging vir my, en die uitdaging vir jou, is om uit te vind hoe om dit teenoor daardie moeilike ou in die hysbak uit te leef.

Wees lief vir jou vyande. Doen goed aan die wat jou haat.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.