... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wedergebore

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 3:3-5 Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?” Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie.

Ons gesels hierdie week oor die rede waarom Jesus na hierdie aarde gekom het. Kom ons kyk na Jesus se eie verduideliking aan Nikodemus.

Ons smag almal na ‘n nuwe begin. Dit is waarom die selfhelp-bedryf miljarde Rande werd is. Vernuwing is presies wat God ons wil gee. Dit is die rede waarom Jesus gekom het.

Johannes 3: 3-5 Daarop sê Jesus vir hom: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan ‘n mens gebore word as hy al ‘n ou man is? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?”

Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie.

Nikodemus was nie onnosel nie. Hy het verstaan dat Jesus metafories praat; dus antwoord hy ook in beeldspraak. Wat hy eintlik gevra het, was – hoe kan ék weer gebore word? En Jesus antwoord hom dat hy uit water en die Gees gebore moet word.

Nikodemus het geweet dat Johannes die Doper besig was om mense met water te doop. Dit was die doop van bekering. Dit het beteken dat die persoon weggedraai het van die sonde af en na God teruggekeer het. Maar die doop met die Heilige Gees behels vernuwing.

Jy moet dus wedergebore wees om die koninkryk van God te betree. En om wedergebore te word, moet daar berou en vernuwing wees. Dit behels nie die opsê van ‘n eenvoudige gebedjie nie, maar ‘n radikale ommekeer; bekering en vernuwing. Daarsonder kan jy nie in die koninkryk van God ingaan nie.

Laat ek jou dus weer vra, is jy wedergebore?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.