... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat het Hy Gedink?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 8:22-26 Hulle het in Betsaida aangekom, en toe bring die mense 'n blinde man na Jesus toe en vra Hom om hom aan te raak. Hy het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp uit gelei. Toe het Hy op sy oë gespoeg, sy hande daarop gesit en vir hom gevra: “Sien jy al iets?” Hy het sy oë geknip en gesê: “Ek sien mense, iets soos bome. Ek sien hulle loop.” Daarna het Jesus weer sy hande op sy oë gesit. Die man het sy oë oopgemaak, en hulle was reg. Hy het alles duidelik gesien. Jesus het hom huis toe gestuur en gesê: “Moenie by die dorp aangaan nie.”

Listen to the radio broadcast of

Wat het Hy Gedink?


Download audio file

Het jy al ooit vir ‘n deurbraak gebid; vir ‘n wonderwerk gebid? Maar dan, wanneer God jou gebed verhoor, betrap Hy jou onverwags? Wag ‘n bietjie, Here, dit is nie heeltemal waarvoor ek gevra het nie!

Jy weet mos dat ons almal wil hê dat dinge volgens óns plan moet verloop? Moeders moet perfek wees. Kinders moet hulself goed gedra. Jou baas by die werk moet vriendelik wees. Leiers moet wys wees … en God… hoe wil ons hê Hy moet wees? Ons wil hê dat God liefdevol, vriendelik, getrou en almagtig moet wees. Maar kom ons sê dit eerlik vir mekaar, ons wil hê dat Hy ook voorspelbaar moet wees. Is ek reg? Maar kyk wat maak Hy in:

Markus 8: 22-26 Hulle het in Betsaida aangekom, en toe bring die mense ‘n blinde man na Jesus toe en vra Hom om hom aan te raak. Hy het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp uit gelei. Toe het Hy op sy oë gespoeg, sy hande daarop gesit en vir hom gevra: “Sien jy al iets?”

Hy het sy oë geknip en gesê: “Ek sien mense, iets soos bome. Ek sien hulle loop.”

Daarna het Jesus weer sy hande op sy oë gesit. Die man het sy oë oopgemaak, en hulle was reg. Hy het alles duidelik gesien. Jesus het hom huis toe gestuur en gesê: “Moenie by die dorp aangaan nie.”

Kan jy dit vat? Jesus het eintlik op die man se oë gespoeg. Dit laat my ‘n bietjie ongemaklik voel. En in elk geval wil ek nie hê dat my God so moet optree nie; dis darem nie mooi nie. Ek wil hê dat Hy konvensioneel en voorspelbaar moet wees.

Dink jy dat daardie blinde bedelaar vir een oomblik omgegee het dat Jesus pas in sy oë gespoeg het? Natuurlik het hy nie! Binne enkele minute was hy nie meer blind nie. Hy kon sien! Halleluja!

Moet dus nie verbaas wees as die Here sy volgende wonderwerk in jou lewe op ‘n onkonvensionele manier afskop nie.

Dit is God se Woord. Vars… vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge