... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Was jy Al Ooit in ‘n Kerk Waar …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 29:13 Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.

Listen to the radio broadcast of

Was jy Al Ooit in ‘n Kerk Waar …


Download audio file

As jy baie eerlik wil wees is kerkdienste, ‘n vreemde ritueel. ‘n Ritueel wat die afgelope paar duisend jaar so effentjies verander het, maar in wese, grootliks onveranderd gebly het.

Was jy al in ‘n kerk waar die mense opstaan om te sing? Hulle noem dit ‘lof en aanbidding’.

Hulle staan op en begin sing. Na ‘n rukkie begin jy rondkyk. Die man twee kerkbanke voor jou gaap en daardie vrou daar, sy vroetel met haar selfoon. Dan stap iemand laat in en julle draai almal om om te sien wie dit is. Daai gesin, hulle is weer laat! Wat makeer hulle?

En hulle noem dit ‘lof en aanbidding’? Ek wil nie veralgemeen nie, maar so baie mense, lyk verveeld. Dit lyk asof hulle maar net opstaan en op die voorspelbare, niksseggende ou trant voortgaan. Hoekom? Want dit is mos wat jy op ‘n Sondag doen.

Ek wonder wat God dink. Ek wonder hoe Hy voel. Ek wonder wat Hy sal sê as ek en jy God oor hierdie onderwerp kon uitvra. As hierdie hele ‘lof en aanbidding’-ding regtig eer aan God moet bring, sou jy nie dink dat Hy wil hê dat ons dit met opregte harte doen nie?

Ons lees in Jesaja 29:13 Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.

Dis mos baie duidelik gestel. Wanneer gaan ons ophou om dinge te doen net omdat ons dink dat dit van ons verwag word? Wanneer gaan ons met opregte harte ons lewens aan Hom onderwerp en die God aanbid wat ons kom red het? Of gaan ons net aanhou om op die ou trant voort te gaan?

Dit is God se Woord. Vars, vir jou‚ vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge