... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer God Sy Seën Terughou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Samuel 1:2 Hy het twee vrouens gehad. Die een se naam was Hanna en die ander s'n Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna nie.

Listen to the radio broadcast of

Wanneer God Sy Seën Terughou


Download audio file

Is God ‘n God wat seën? Absoluut. Ons kan maklik AMEN daarop sê. En daar is kere wat God sy seëninge weerhou. En soms veroorsaak die weerhouding van daardie een ding; daardie een deurbraak wat ons so dringend nodig het, baie pyn en swaarkry.

Ek dink dat dit vir ‘n vrou wat ‘n kind begeer, ‘n baie ontstellende ervaring is, as sy nie swanger raak nie, veral wanneer sy besef dat sy ouer word. Vir haar voel dit soos die weerhouding van God se seën.

Dit was Hanna in die Ou Testament se lot. Die vertraging van God se seën het ‘n selfs meer kwetsende draai gehad. Ons lees in:

1 Samuel 1: 2 Hy het twee vrouens gehad. Die een vrou se naam was Hanna en die ander s’n Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna nie.

En Peninna het dit ingevryf. Jaar na jaar moes Hanna met die gevoel van haar onvermoë saamleef; die feit dat sy nie kinders kan hê nie, beteken dat daar fout met haar was. En dit, in ‘n samelewing waar die aantal kinders wat jy het, gesien is as ‘n belangrike maatstaf vir die mate van seën wat God bereid was om oor jou lewe uit te stort.

In die wêreld se oë moes Hanna beslis iets verkeerd gedoen het; iets om God aanstoot te gee. ‘n Mens kan sommer haar pyn aanvoel, nè.

Maar wanneer ons verder lees, ontdek ons dat Hanna uiteindelik ‘n seun gekry het – die profeet Samuel – wat ‘n deurslaggewende rol gespeel het, nie slegs in die geskiedenis van Israel nie, maar ook as voorvader van Jesus, die Verlosser van die wêreld.

Soms behels God se planne om ander te seën, lyding vir ons. 

Dit is moeilik om te aanvaar, maar tog is dit die waarheid. As dit nie vir Hanna was nie, waar sou ons vandag gewees het?

God se plan is altyd die regte plan, al veroorsaak dit vir ‘n tyd lank pyn.

Dit is Sy Woord. Vars‚ vir jou‚ vandag.