... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wag om te Sterf

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 1:20,21 Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe, want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.

Listen to the radio broadcast of

Wag om te Sterf


Download audio file

Waaroor gaan die lewe? Gaan dit net daaroor om dag na dag op te staan en te wag op die onvermydelike einde? Sommige mense leef letterlik so, en hoe ouer ons word, hoe makliker word dit om net op die onvermydelike te wag.

Op watter stadium gooi ons die handdoek in? Ek het vyf-en-dertigjariges gesien wat moed verloor het en besluit het die lewe is futiel. Maar ek het gesien hoe honderd-en-twee-jariges doelgerig en met krag in die bediening werk.

Ja, ek weet, op ‘n stadium sal die ou liggaam, soos die spreekwoord lui, die tydelike met die ewige verwissel. Maar sê my, leef jy jou lewe voluit tot die tyd vir jou aanbreek, of wag jy net om te sterf?

Die apostel Paulus het uit sy tronksel hierdie woorde:

In Filippense 1:20,21 geskryf: Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe, want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.

Die antwoord vir Paulus was redelik eenvoudig: dit gaan nie oor hom nie, dit gaan oor Jesus. Sy doel was om God in sy lewe te laat werk, om sodoende eer aan Christus te bring. Dit het nie vir hom saak gemaak of die lewe regverdig of onregverdig was, en of sy omstandighede gemaklik of haglik was nie, of selfs, nie eers of hy sou lewe of sterwe nie.

Daar is iets wat gebeur wanneer ons Jesus werklik die Here van ons lewens maak; wanneer ons Hom eerste plaas, in plaas van onsself.

Hy blaas ‘n gevoel van doel, krag, en hoop in ons siel in. Hy gee ons ‘n lewe wat die moeite werd is om te leef. Die alternatief is om in jou eie tronksel vasgevang te wees waar jy sit en wag om te sterf. Hoe wil jy leef?

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.