... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wag Geduldig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Klaagliedere 3:25,26 Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here.

Ek moet jou ‘n geheim vertel. Geduld is nie een van my sterk punte nie. Ek is nie geduldig nie! By my is dit ‘n saak van “laat ons dit NOU klaarkry”. En tog blyk dit dat dit vir God uiters belangrik is dat ons kan wag; dat ons moet leer hoe om geduldig te wag.

Dit klink bekend, nie waar nie? Jy het iets nodig, jy wil iets hê … en jy wil dit nou hê! Maar ons leef in ‘n wêreld waar ons nie nou dadelik alles kan kry nie. Ons leef in ‘n wêreld waar goeie dinge vertraag, uitgestel of selfs gekanselleer kan word. Dit is net hoe die lewe is.

As ons eerlik wil wees, is ons geneig om ongeduldig te word. Ongeduld lei tot ‘n gekerm en ‘n gekla. Dit lei weer tot ‘n slegte houding. Ons slegte houding vertroebel ons oordeel. Ons neem oorhaastige besluite. Ons doen dom dinge. Ons beskadig verhoudings.

Dit klink nog steeds vir jou bekend? Ek vermoed so, want dit is ‘n pad wat ons almal al afgelê het. Nou ja … wat is die alternatief?

Die alternatief is om te weet dat God geduld na waarde skat. Ons lees in:

Klaagliedere 3:25,26 Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here;

As die bus, of vliegtuig wat jy ook al moet haal, laat is, het jy geen keuse nie. Jy moet wag. Dis nie waarvan ons hier praat nie…

Dit gaan oor hóé ons wag. Wag jy met ‘n negatiewe houding, of wag jy op God? Wag jy geduldig op Hom of vertrou jy op wêreldse dinge? Wag jy stil op die Here om jou te red … of hardloop jy woedend rond? Wel? As jy moet wag, hoe wag jy?

Dit is goed om stil te wag tot die Here jou red.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.