... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Waardeer die Reëls

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 119:13-16 Al u bepalings wil ek een vir een opnoem. Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld. U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie.

Listen to the radio broadcast of

Waardeer die Reëls


Download audio file

Ons was almal van kleins af onderworpe aan reëls. Ons ouers het vir ons geleer wat ons mag en nie mag doen nie. En as jy naastenby soos ek was, dan het jy as kind en tiener, daardie reëls so lastig en uiters frustrerend gevind.

Ek onthou hoe ek dikwels, terwyl ek grootgeword het, gedroom het van die dag, wat ek vry van die beperkings wat my ouers my opgelê het, gaan wees. Ek het gedink dat as ek uiteindelik groot is, daar geen reëls meer sal wees om my te pla nie. Maar toe sluit ek by die weermag aan. . . Meer reëls. En daarna, in die besigheidswêreld en in die lewe … hm, nog altyd meer en meer reëls.

Nou ja, ek erken daar is tiranne in hierdie wêreld. Sommige ouers is baie oorheersend en sommige base ook. Maar weet jy, op die ou end is reëls daar vir ons eie beswil, al ly ons soms daaronder.

Daar is ‘n baie goeie rede waarom ons almal aan dieselfde kant van die pad as moet ry, nie waar nie? Daar is goeie redes waarom ons gedrag by sosiale omgewings moet aanpas. En net so is daar goeie redes waarom God reëls het waarvolgens ons moet lewe.

Die skrywer van Psalm 119 het hierdie gedeelte as ‘n loflied tot God geskryf. Kyk hoe hy voel oor God se “reëls”:

Psalm 119:13-16 Al u bepalings wil ek een vir een opnoem. Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld. U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie.

Is dit nie wonderlik om so na God se verordeninge te kyk nie? God het ons so lief dat sy “reëls” nie slegs daar is vir ons eie beswil nie, maar ook vir ons om te geniet. Hulle is daar om ons die lewe in alle oorvloed te gee.

Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.