... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Verwag Kritiek

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 6:26 Ellende wag vir julle as al die mense goed van julle praat. Hulle voorvaders het immers met die vals profete net so gemaak.”

Ek dink een van die moeilikste dinge om te hanteer, is wanneer jy ‘n spul kritiek kry omdat jy doen wat reg is; wanneer jy op jou eie opstaan en God eer, eerder as om met die stroom saam te gaan.

En kom ons erken dit, om saam met die stroom te gaan, is maklik. Iemand vertel ‘n vuil grap by die werk, dan lag jy maar saam met die res van hulle. Iemand vertel ‘n sappige skinderstorie, jy las ‘n stertjie aan en vertel dit oor. ‘n Ander persoon is ‘n klein bietjie oneerlik en jy speel saam.

Ja, ons hou almal daarvan om populêr te wees. Ons hou almal daarvan om deel van die groep te wees. Ons hou almal daarvan om komplimente te ontvang, maar, luister wat Jesus sê in:

Lukas 6:26 Ellende wag vir julle as al die mense goed van julle praat. Hulle voorvaders het immers met die vals profete net so gemaak.”

As al wat ons ooit by mense kry, ‘n klop op die skouer, komplimente en lof is, dan is daar ‘n baie goeie kans dat ons maar net saam met die stroom afvloei. Maar as ons bely dat ons in Jesus glo, as ons onsself ‘Christene’ noem, dan is ons werk in hierdie wêreld om Hom te verteenwoordig. Ons moet sy lig weerkaats. Liefhê met sy liefde en Hom eer. Ons moet ter wille van Hom van die bose en van oortredings wegbly.

Kom ons dink mooi hieraan. Jesus bestempel enigiets minder as dit, net so erg as om ‘n vals profeet te wees. Om Jesus waarlik te verteenwoordig, gaan baie van ons vra – miskien ons reputasie of ons vriende, soms selfs ons lewensonderhoud. Maar weet jy, dit het Jesus sy lewe gekos om Sy Vader in die hemel te eer. 

Ons doel is nie om doelbewus mense te affronteer nie, maar ons weet dit sal soms die hoogste prys vra om vir Christus te dien. Verwag daarom kritiek.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.