... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vervolging is Onvermydelik

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Judas 18-20 Hulle het vir julle gesê: “Daar sal in die laaste dae mense wees wie se lewe deur hulle eie goddelose begeertes beheers word, en hulle sal met julle die spot dryf.” Hierdie mense bring verdeeldheid; hulle word deur hulle natuurlike drange beheers en nie deur die Gees van God nie. Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.

Listen to the radio broadcast of

Vervolging is Onvermydelik


Download audio file

Ons sien daagliks dat die versoeking om die tydlose waarhede van die Bybel vir al die verleidelike dinge van hierdie wêreld te verruil, inderdaad baie groot is. God se volk doen dit. Selfs hele kerke en denominasies, doen dit.

Dit maak nie saak waar jy woon, of aan watter kultuur groep jy behoort of van watter land jy kom nie, dis oral dieselfde. Mense dryf weg. Selfs mense wat ons almal ken en selfs mense wat naby ons is, dryf weg en verval in selfsug en onsedelikheid.

Wat dit nog erger maak, is dat hulle wil hê dat ons by hulle moet aansluit. Hulle hou niks daarvan dat ons anders as hulle is nie; dat ons God se geroepe volk is en weier om saam met die stroom meegesleur te word. Maar ons moet verstaan dat, wanneer ons weier om betrokke te raak by korrupsie, as ons weier om blatante seksuele onsedelikheid te onderskryf, wanneer ons weier om die moord op ongebore kinders te aanvaar, ons, onsself oopstel vir vervolging.

Judas 18-20 Hulle het vir julle gesê: “Daar sal in die laaste dae mense wees wie se lewe deur hulle eie goddelose begeertes beheers word, en hulle sal met julle die spot dryf.” Hierdie mense bring verdeeldheid; hulle word deur hulle natuurlike drange beheers en nie deur die Gees van God nie. Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.

En net soos Judas hier skryf, veroorsaak dit verdeeldheid wanneer mense wegdryf van die weg van God af. Sommige mense, nee wag, baie van hulle, wil hê dat hulle geloof moet aanpas by die weg van hierdie wêreld. Maar dit is nie waartoe ek en jy geroep is nie. Dit is nie wat God vir jou en my beplan het nie.

Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees. 

Word sterk in die Here. Bid in die Gees. Wees voorbereid – die  vervolging kom.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.