... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Van Skatryk tot Brandarm

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Prediker 5:9 Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks.

Listen to the radio broadcast of

Van Skatryk tot Brandarm


Download audio file

Dink vir ‘n oomblik aan ‘n situasie waar iemand vir jou ‘n onbeperkte hoeveelheid geld sou aanbied. Hulle vra jou: “Hoeveel wil jy hê moet ek vir jou gee?” Wat sou jy antwoord? Hoeveel sou jy vra?

Dit sal so lekker wees om baie geld te hê, sal dit nie? ‘n Porsche of twee wat in die oprit staan, ‘n luukse huis, ‘n paar bediendes om dit aan die kant te hou, jou maaltye voor te berei en daardie motors te was. . . Wie het nie daarvan gedroom om daardie soort lewe te leef nie?

En tog, hoe meer mense besit, hoe meer wil hulle hê. Ons weet almal van hoë profiel besigheids- of politieke leiers wat weens hul hebsug selfs tronk toe is.

Daar is een spesifieke man aan wie ek kan dink – hy was baie welaf en ongelooflik gewild – en tog het hy in die tronk beland omdat hy met net ‘n paar honderdduisend dollar bedrog gepleeg het. Dit sê vir my dat dit nie die geld self is, wat die probleem is nie. Dit is wanneer ons begeerte daarna so erg, soos dié van ‘n verslawende dwelmmiddel word, dat dit ons lewens verwoes.

En dit is nie slegs van toepassing op die ryk elite nie, maar ook op mense op ons vlak.

Dit is so ongelooflik hartseer om te sien hoe mense van geld ‘n afgod maak.

Hier in Prediker 5:9 is die slotsom: Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks.

Soos CS Lewis in sy boek “The Screwtape Letters” skryf, is die plan van die duiwel om jou te versoek, om jou lewe te verwoes, eenvoudig:

 An ever increasing craving for an ever diminishing pleasure is the formula.

Moenie toelaat dat die begeerte na geld jou vernietig nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge