... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Van Hier tot by die Son

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 53:5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom

Listen to the radio broadcast of

Van Hier tot by die Son


Download audio file

Hoe kan ‘n skrynwerker, wat tweeduisend jaar gelede in Nasaret gebore is, in die 21ste eeu in my en jou lewe relevant wees? Hoe kan dit moontlik wees?

Stel jou voor dat jy ‘n groot stuk papier het. ‘n Baie groot stuk papier. Jy vou dit in die helfte. Vou dit dan weer in die helfte. Herhaal dit vyftig keer. (Toemaar, ontspan – ongeag hoe groot jou papier ook al is, jy sal sukkel om dit meer as sewe keer in die helfte te vou!)

Verdra my maar. . . Stel jou voor dat jy die papier weer en weer- vyftig keer – in die helfte kon vou. Goed, hier’s my vraag: Hoe dik is daardie stuk papier nou? So dik soos ‘n telefoongids? So hoog soos ‘n yskas miskien? Of miskien, as jou stoutste verwagtinge oortref word, tot teen die plafon?

Eish! Nee! As jy dit vyftig keer halveer, sou dit van die aarde tot die son strek. Ek het dit in ‘n boek gelees en toe die wiskunde gedoen. Dit is waar. En as jy dit net nog een keer kon vou – ‘n een-en-vyftigste keer – sou dit van die aarde af na die son en weer terug wees.

Dit is juis waaroor dit gaan – klein dingetjies kan ‘n ontsaglike groot impak hê. Neem ‘n timmerman van Nasaret wat tweeduisend jaar gelede gebore is. En wat daarvan?

Nou-ja, tweeduisend jaar later het Hy miljarde lewens aangeraak, en Hy is nog steeds besig om lewens te verander. Tweeduisend jaar later genees Hy nog steeds die gebrokenes van hart. En tweeduisend jaar later bewys Hy steeds liefde, red Hy steeds en fluister Hy nog steeds: Ek het spesiaal vir jou gekom. Kyk wat staan in:

Jesaja 53:5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom

Klein dingetjies kan ‘n ongelooflike impak hê. Sy naam is Jesus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge