... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Uitnemendheid teenoor Perfeksionisme

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 1:8 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.

Listen to the radio broadcast of

Uitnemendheid teenoor Perfeksionisme


Download audio file

Uitnemendheid is een ding, maar perfeksionisme … dit is iets heeltemal anders. Ons het almal daardie een perfeksionis in ons lewens wat ons irriteer, wat ons mal maak en ja, wat baie keer op ons trap en baie pyn veroorsaak.

Hulle sê dat te veel van ‘n goeie ding is ook nie goed nie. Een of twee stukkies sjokolade, is binne perke. Maar ’n hele blok aand na aand…Nou-ja…

En dieselfde geld vir uitnemendheid. Ons moet in alle opsigte en in elke situasie, die beste doen wat ons kan, gegewe ons gawes, vermoëns, middele en tyd. Absoluut! Maar daar is êrens ‘n streep en wanneer ons daaroor trap, begin ons in ‘n gees van perfeksionisme, eerder as van uitnemendheid funksioneer.

En dan word dit lelik. Ek weet! Soos ek gesê het, was ek vroeër ‘n perfeksionis en net soos ‘n alkoholis wat herstel het, moet ek steeds versigtig wees. Wat is die verskil tussen uitnemendheid en perfeksionisme? Hier staan dit in:

1 Johannes 1: 8 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.

Ek besef dat ek oorgegaan het van uitnemendheid wat goed is na perfeksionisme wat sleg is, wanneer ek begin glo dat ek nie foute het nie, dit wil sê as ek ‘n arrogante houding het wat sê dat ek niks verkeerd kan doen nie. Dis daardie idiote daar buite, wat nie aan my hoë standaarde kan voldoen nie, wat die probleem is … Dan weet ek dat ek verhoudings met my arrogansie beskadig, en dat ek myself in die naam van goddelike uitnemendheid, regverdig.

Dis werklik ‘n openbaring: Perfeksionisme is uitnemendheid, gemeng met ‘n ongesonde dosis arrogansie en selfwaan.

As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.