... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Toestemming om te Misluk

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 73:26 Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.

Listen to the radio broadcast of

Toestemming om te Misluk


Download audio file

Mislukking is ‘n feit van die lewe. Ons almal misluk gereeld omdat ons onvolmaakte mense is. Die vraag is egter: hoe reageer ons as ander mense ons in die steek laat? Met dieselfde genade waarmee God ons behandel, of met minder?

Die waarheid is dat ons almal van tyd tot tyd misluk. Dit is die reine waarheid. Soms slaag ons nie daarin om ander mense reg te behandel nie, of al probeer ons, misluk dit. En weet jy, soms kom ons ten aanskoue van almal, bedroë daarvan af.

Dit het my onlangs opgeval dat ek, as leier, mense moet laat weet dat hulle my toestemming het om te misluk. Ek wil sien hoe hulle dinge aanpak; dat hulle bereid sal wees om te waag… met die volle wete, dat tensy God help, hulle inderdaad gaan misluk.

Daar sonder sal mense nie bereid wees om te waag nie. Hulle sal straf en vergelding vir mislukking vrees, en daarom sal hulle nie die onbekende aanpak nie. Hulle sal ook nie die uitdagende idees wat God hulle gee, beproef nie. Hoekom sou hulle?

Onlangs op ‘n spanvergadering het ek dit duidelik gemaak, dat hoewel daar geen plek vir luiheid, oneerlikheid of ‘n slegte houding is nie, verwag ek nie net dat elkeen van ons op ‘n stadium sal misluk nie, maar dat dit heeltemal aanvaarbaar is. En as mense wel misluk, sal ek daar wees, by hulle, om te help.

Toestemming om te misluk, is die sleutel vir mense om hul lewensdoel te bereik; om die uitdagende idees wat God hulle gee, na te jaag.

In Psalm 73:26 staan: Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.

God weet dat ons gaan misluk, maar Hy bly getrou. Hoekom sal ons nie dieselfde doen nie?

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.