... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Skep Orde uit Chaos

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Genesis 1:1-5 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.

Die onvoorspelbare dinge wat dikwels gebeur, het ‘n neiging om chaos te veroorsaak. Ek is seker jy kan ook van ondervinding getuig. Maar aan die anderkant is daar ook daardie dinge wat voorspelbaar is, wat, as ons dit toelaat om voort te gaan, chaos sal veroorsaak.

Ek wonder of jy al ooit so daaroor gedink het, maar die hele skeppingsdaad weerspieël die diepgewortelde neiging van God, om orde uit chaos te skep. Kyk wat staan in: 

Genesis 1:1-5 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.

Daar is dit. Dit is in God se aard om iets te neem wat sonder vorm is, lig daarop te werp en orde te skep. Dit is wie Hy is.

As jy vandag na jou eie lewe kyk, watter deel is in chaos? Wat het aandag nodig? Wat kort dalk herstelwerk of ‘n bietjie organisering? ‘n Bietjie aandag op die regte plek kan broodnodige orde in ‘n chaotiese lewe bring – van ‘n deurmekaar sokkielaai, tot ‘n verhouding wat aan flarde lê. 

Hoekom is dit belangrik? Omdat chaos jou onderkry. Hoewel ons nie al die chaos in ons lewens kan uitskakel nie, is sommige dele daarvan onder ons beheer. As mense wat na God se beeld gemaak is, is dit ‘n goeie ding om proaktief te wees en aandag te gee aan die stukkies chaos in jou lewe wat jy kan verander.

Skep orde uit chaos, net soos God die lig van die duisternis geskei het.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.