... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Saai Saad van Vrede

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 3:18 Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak..

Listen to the radio broadcast of

Saai Saad van Vrede


Download audio file

Gister het ons gesels oor die ongewone wysheid wat ons nodig het om konflik op ‘n goddelike manier te benader. Ons het gepraat van die wysheid van God wat vir my en vir jou beskikbaar is. Die probleem is egter dat ons dit dikwels nie gebruik om vrede te maak nie.

Ek het nog nooit iemand ontmoet wat nie vrede in hul lewens wil hê nie. Miskien is daar uitsonderings op die reël, maar die meeste van ons smag na vrede.

En tog is die wêreld waarin ons leef, allesbehalwe vreedsaam. Of dit nou die sosiale, politieke, godsdienstige, rasse- of ideologiese vlak verdeeldheid is, wat ons samelewing uitmekaar skeur, of selfs die persoonlike konflik in ons eie gesinne, woonbuurte of werksplekke … hierdie vrede waarna ons almal smag, lyk na ‘n lugspieëling in die woestyn.

Hoe dink jy, wat wil God hê moet jy doen om die konflik te hanteer wat in jou lewe aan die gang is? En toemaar, jy’s nie alleen nie, ons het almal die een of ander vorm daarvan! Of miskien het jy nog nie gehoor hoe Hy jou roep om iets te doen nie. Nou-ja hier kom dit:

Jakobus 3:18 Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak. Die Nuwe Lewende Vertaling van dieselfde vers lui: Die vredemakers saai saad van vrede; hulle oes omdat hulle reg lewe voor God. 

Die oorspronklike Griekse manuskrip praat van mense wat ‘vrede maak.’ Ek hou ook van die NLV-vertaling, want dit sê so mooi vrede is iets waaraan ‘n mens moet werk. Dit gebeur nie net nie. Dinge val nie net in plek nie. Ons moet die konfliksituasies met God se wysheid benader, maar ons moet verstaan dat ons daaraan moet werk.

Trouens, as jy jouself ‘n kind van God noem, dan lê jou rol om, namens Hom, as ‘n vredemaker op te tree, naby die bokant van jou posbeskrywing.

As jy dus nadink oor die konflik waarby jy tans betrokke is; wat kan jy doen om vrede te bewerkstellig? Want soos jy die saad van vrede saai, sal jy die seëninge daaruit oes.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.