... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ou Sleutels Sluit Nie Nuwe Deure Oop Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 6:10 Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.

Listen to the radio broadcast of

Ou Sleutels Sluit Nie Nuwe Deure Oop Nie


Download audio file

Ons het almal verhoudings wat gekompliseerd is, nie waar nie? Party van die verhoudings voel asof hulle met die tyd saam meer en meer gekompliseerd raak, sonder om ooit beter te word. Die konflik en die seer bly. En dit steel jou vrede.

Nou ja, hoe hanteer jy dit? Wel, dikwels wanneer ons daardie problematiese mense teëkom, of selfs net aan hulle dink, kom daardie selfde ou negatiewe emosies by ons op en verval ons in ons negatiewe gedragspatrone. Ons ontwyk hulle, of ons ignoreer hulle of ons wys hulle sommer deur ons gesigsuitdrukkings en stemtoon, dat ons regtig nie van hulle hou nie.

Ons wil hê dinge moet verander, ons wil ons vrede terug kry, maar daardie negatiewe emosies kry steeds die oorhand.

Galasiërs 6:10 Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.

Solank ons die geleentheid het…”. Dit is ongelooflik hoe dikwels God ons die geleentheid gee. En wat sê Hy vir ons om nou aan die saak te doen? Moet ons ons emosies verander en aan ons gevoelens werk? Nee, dis nie wat Hy sê nie, want dit is byna onmoontlik om te verander hoe jy oor iemand voel. Nee … wanneer ons die geleentheid het om goed aan enigiemand te doen, moet ons dit doen.

Doen dit net. Kyk, dieselfde ou verskonings gaan nie werk nie. Ou sleutels sluit nooit nuwe deure oop nie. Ons het ‘n nuwe sleutel nodig. En die sleutel is eenvoudig om by elke Godgegewe geleentheid goed te doen aan daardie moeilike mense in ons lewens … ongeag van hoe ons voel.

Glimlag vir hulle, bemoedig hulle, seën hulle. En wanneer ons goed aan hulle doen, gebeur daar ‘n snaakse ding. Ewe skielik verander ons gevoelens. Ou sleutels sluit nie nuwe deure oop nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.