... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Oorwin Teleurstelling

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 8:24,25 Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.

Listen to the radio broadcast of

Oorwin Teleurstelling


Download audio file

Ek is seker dat mense jou al deur die jare teleurgestel het; en nie net mense nie, ook situasies en omstandighede. Jy spaar vir ‘n heerlike vakansie, maar dit val deur die mat. Dit stel teleur. Dit breek jou hart.

Teleurstelling is ‘n baie algemene reaksie as gevolg van iets of iemand wat nie aan ons verwagtinge voldoen nie. Mense laat ons in die steek en omstandighede stel dikwels teleur.

‘n Paartjie raak verlief, trou en verwag dat die die res van hulle lewe die perfekte romanse sal wees, maar met al die druk van die lewe is dit allesbehalwe – veral sommige dae. Maar, weet jy, as ons toegee aan daardie gevoel van teleurstelling, kan dit nie net ‘n vernietigende impak op die huwelik hê nie, maar ook op ons verhouding en die lewe oor die algemeen.

Alhoewel teleurstelling ‘n normale reaksie is, is dit ook ongelooflik vernietigend as ons daarin verswelg raak. Wat kan ons daaraan doen …

Wel, ek dink dat dit alles neerkom op wie, of op wat ons ons hoop vestig. Teleurstelling gaan immers oor die gaping tussen ons verwagtinge en die uitkomste.

Die lewe sonder hoop is op die ou end nie die moeite werd nie. Waarop vestig jy jou hoop?

Romeine 8: 24,25 Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat ‘n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.

In hierdie wêreld gaan ons beproewinge hê; mense gaan nie aan ons verwagtinge voldoen nie en daar gaan teleurstellings wees.

Maar wanneer ons ons hoop op Christus vestig, oorkom ons teleustellings vinnig en verloor dit die angel wat ons moedeloos maak. Die hoop wat jy op Hom vestig, is die een ding wat jou nooit sal teleurstel nie.

Hoop op Hom, wag geduldig en jy sal beloon word.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge