... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ongesuurde Brood

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Eksodus 12:8 Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie.

Listen to the radio broadcast of

Ongesuurde Brood


Download audio file

Ek wil skree wanneer die Nagmaal by die kerk gevier word met ‘n klein glasie druiwesap, en ‘n lekker sagte klein blokkie witbrood. Laat ek jou vertel waarom dit my so ontstel.

Nagmaal is tog om ons te herinner aan die dood van Jesus aan die Kruis. Ons lees in:

1 Korintiërs 11:23,24 ...Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam; dit is vir júlle. Gebruik dit tot my gedagtenis.”

Maar daardie brood was nie lekker, sagte witbrood in blokkies nie. Jesus is immers nie ‘n lekker, veilige, sagte Verlosser nie. Nee, hulle het ongesuurde brode geëet – brood sonder suurdeeg.

Hoekom? Omdat Jesus tydens die Pasga gekruisig is, terwyl die Israeliete herinner is aan die tyd toe God hulle voorvaders van slawerny in Egipte bevry het. Hulle herdenk die nag voordat die Israeliete gevlug het, en hulle die Paasmaaltyd van gebraaide lam geëet het.

Eksodus 12:8 Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie.

Maar hoekom ongesuurde brode? Daar is twee redes. Eerstens omdat gis tyd neem om te rys, tyd wat hulle nie gehad het nie, omdat hulle die volgende dag vir hulle lewens moes vlug. Daar was dus ‘n lewensbelangrike dringendheid daarvoor. Hulle het nie tyd gehad om te wag dat die brood rys voordat hulle dit gebak het nie. Hulle lewens was op die spel. En tweedens omdat suurdeeg in die Bybel ‘n simbool van sonde is.

En weet jy, dieselfde is vandag nog waar vir ons. Daar is ‘n lewensbelangrike dringendheid om ons sonde te hanteer.

Romeine 6:23 stel dit duidelik: Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

Dit is dringend. Moenie dit nog ‘n dag los nie. Jesus het gekom om jou te red.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.