... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Onderskeiding

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 27:6 Die wonde veroorsaak deur iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee. (NLV)

Mense is nie altyd wat hulle voorgee om te wees nie. Ongelukkig maak sommige mense maklik beloftes, maar wanneer jy hulle die dag nodig het, faal hulle jou en keer hulle dikwels selfs hulle rug op jou.

As ons in ‘n perfekte wêreld geleef het en omring was deur perfekte mense, dan sou daar nie ‘ja-broers’ gewees het nie. Daar sou nie huigelaars gewees het nie. Daar sou geen wolwe in skaapsklere gewees het nie. Maar, ons weet mos, ons leef nie in ‘n perfekte wêreld nie. Daar is mense wat voorgee dat hulle een ding is, maar op die ou end is hulle ‘n heel ander ding. Nou maar hoe sien jy die verskil tussen die twee? Hoe onderskei jy tussen ‘n ware vriend en ‘n mooiweersvriend? Kyk wat sê:

Spreuke 27:6 Die wonde veroorsaak deur iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee.

Soms kan vriendskappe netelig wees. Soms sê vriende dinge vir mekaar wat seermaak. Die waarheid maak dikwels seer. Maar moenie dit met valse vriendskap verwar nie. ’n Ware vriend, sal jou direk konfronteer. Met ‘n ware vriend weet jy waar jy staan. Hulle versprei nie gerugte oor jou nie. Hulle skinder nie oor jou nie. Hulle ondersteun jou, selfs wanneer die verhouding ‘n bietjie gespanne is.

Maar vyande is heeltemal die teenoorgestelde. Hulle is vriendelik voor jou, maar hulle beswadder jou agter jou rug. Dit is húlle wat jou selfs in die rug sal steek. Wees versigtig vir hulle. Hou hulle op ‘n afstand. Moet jou nie laat mislei deur mooi praatjies nie. Moenie hulle vertrou nie. 

Die wonde veroorsaak deur iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee.

Sommige mense is suiwer goud. Ander is bloot oorgeblaasde goud. Ken die verskil.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.