... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Omhels Teëspoed

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 24:10 … As jy weifel op die dag van nood, is jy nie opgewasse daarvoor nie.

Listen to the radio broadcast of

Omhels Teëspoed


Download audio file

Daar is tye in ons lewens wanneer mense, omstandighede en selfs ons eie emosies, teen ons draai. Ons noem daardie tye, tye van teëspoed. Niemand van ons wens onsself teëspoed toe nie, maar dan is daar tye wanneer die teëspoed ons inhaal.

Kan ek jou vandag vra, hoe het jy die laaste keer gevoel toe jy teëspoed ervaar het; die keer toe voorspoed sy rug op jou gekeer het? Wou jy weghardloop en wegkruip? Toemaar, dit is ‘n baie natuurlike reaksie. Ons ken dit almal baie goed.

En weet jy, as iemand wat deur die jare baie tyd in vliegtuie deurgebring het, is ek telkens verbaas dat ‘n vliegtuig altyd teen die wind opstyg. Dit klink tog of ‘n vliegtuig eerder saam met die wind moet opstyg om die krag van die wind van agter te hê.

Hoekom? Omdat die wette van fisika bepaal dat ‘n vliegtuig met sy neus in die wind stygkrag kry as hy opstyg, of lugweerstand kan kry as hy land.

Dit is ‘n les wat ons goed te staan kan kom as ons van teëspoed praat – gebruik die wind se krag om teen te beur, omhels die teëspoed. Kyk wat sê:

Spreuke 24:10 As jy weifel op die dag van nood, is jy nie opgewasse daarvoor nie.

Dit klink nogal ‘n bietjie kras, nè? En tog is dit juis hier wat ons krag getoets word. Dit is op daardie dag van teëspoed, waar ons krag om weer op te staan en die lewe in die oë te kyk, regtig die verskil maak.

Niemand van ons voel gereed om teëspoed te omhels nie. Maar daar gebeur iets wanneer ons in vennootskap met God daardie teëspoed benader. Iets merkwaardigs.

Net soos daardie loods van die vliegtuig in staat is om op die onsigbare wette van die fisika te vertrou, so ontdek ek en jy telkens dat ons op die onsigbare trou van God kan vertrou.

Moenie swak word wanneer teëspoed jou tref nie. Omhels dit. God is in daardie situasie by jou.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.