... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om te Vergeet wat God Sê

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 1:22-24 Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in 'n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.

Listen to the radio broadcast of

Om te Vergeet wat God Sê


Download audio file

Hoe gereeld het jy al in die oggend ‘n stukkie uit God se Woord gelees en gedink “O, ja! Absoluut! Dit is so goed. Dit is net wat ek nodig het,” maar dan kan jy teen middagete nie eers onthou wat jy gelees het nie. Dit gebeur heeltemal te dikwels, nè?

Ek het vir my graad studie twee hoofvakke, naamlik suiwer wiskunde en rekenaarwetenskap gehad. My gunsteling onderwerp? Calculus. Ek kon enige vergelyking waarmee jy my wou vasvra, onderskei en integreer. Maar vandag kan ek jou nie eers sê wat Calculus is nie! Dink daaraan. Ons geneigdheid om te vergeet wat ons geleer is, is ongelooflik.

Ek was terselfdertyd ook besig met my militêre opleiding. Ons het onder andere geleer om ‘n outomatiese geweer van 7,62 mm te stroop en weer aanmekaar te sit. As jy my vandag geblinddoek vra om daardie outomatiese geweer aanmekaar te sit, sou ek dit net so vinnig en foutloos kan opstel as veertig jaar gelede.

Waarom die verskil? Omdat ek Calculus geleer het deur na lesings te luister, maar die stroping en samestelling van die geweer, het ek prakties geleer. Ons het dit oor en oor geoefen, tot ons daarvan kon skree. Dit is dieselfde met God se Woord!

Jakobus 1:22-24 sê: Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ‘n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.

Ek dink ons lees God se Woord heeltemal te vinnig. Ek het nog nooit een keer die hele Bybel in ‘n jaar deurgelees nie. Op die oomblik het ek op ‘n paar verse vasgeval, dit gelees, daaroor gedink, gebid, gedroom … gedoen … sommige dae weliswaar verkeerd, maar aangehou. Dis hoe ons leer. Dis hoe ons onthou. Dis hoe ons groei en verander en ons lewens sien transformeer.

Moet dus nie net daarna luister nie. Doen dit!

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.