... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Oënskynlike Gebrek

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Job 5:2 Woede maak ’n dwaas dood. Jaloesie vernietig dom mense. (NLV)

Wanneer laas het jy na iemand se nuwe motor, sy gelukkige huwelik of wonderlike loopbaan gekyk en minderwaardig gevoel, omdat jy nie dieselfde het nie? Snaaks hoe daardie vergelykings ons mismoedig maak.

Die Science Focus Magazine het berig dat ‘n onlangse Britse studie bevind het dat vergelyking met ander, ‘n beduidende impak op geluk het. Mense dink dat as hulle dieselfde lewenstandaard as diegene rondom hulle kan handhaaf, hulle baie beter oor hulself sal voel en dat hulle baie gelukkiger sal wees. As hulle dit nie kan regkry nie, is hulle, volgens die studie, ongelukkig.

“Oënskynlike gebrek”, soos dit bekend staan, kan ervaar word onder enige omstandighede. Volgens die wetenskaplike navorsing, kan jy dus in ‘n ryk woonbuurt woon, maar as jou buurman ‘n blink, duur nuwe motor het en jy nie, sal dit jou waarskynlik ongelukkig maak.

Dit klink simpel, nie waar nie? Maar dink daaraan – hoe meer ons toelaat dat materialisme ons verblind, hoe meer word dit waar. Ek onthou hoe afgunstig ek in die verre, verre verlede was, wanneer iemand anders iets gehad het wat ek nie gehad het nie.

Job 5:2 Woede maak ’n dwaas dood. Jaloesie vernietig dom mense. (NLV)

Kom ons hou dit eenvoudig, ek bedoel, regtig eenvoudig. Jaloesie kom in baie verskillende vorme voor. In die een uiterste, soos in my geval, was dit ‘n brandende gevoel van onreg, dat ek nie het, wat jy het nie. Aan die ander kant, is die feit dat dit volgens die Britse studie, ons beroof van die genot van alles wat ons wel het. 

“Oënskynlike gebrek” is ‘n deftige term vir jaloesie. En wat sê God se Woord? Jaloesie sal jou vernietig, maak nie saak hoe dit in jou lewe manifesteer nie.

Kyk rond. God het jou nogal baie gegee. Moenie toelaat dat jaloesie jou beroof van jou vermoë om dit te geniet nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.