... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Nog Meer Heerlikheid!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 3:18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

Die heerlikheid van God is sigbaar in die ganse skepping. Kyk om jou rond – kyk op na die sterre, kyk na die wonderlike wêreld wat God geskep het. Die heerlikheid van God word oral openbaar… en God wil meer daarvan met jou deel.

Gister het ons gesels oor die onweerstaanbare heerlikheid van God wat aan ons geopenbaar is toe Jesus mens geword het.

Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

God wil nog steeds vandag hê dat die heerlikheid, sy heerlikheid, ons lewens, joune en myne, moet aanraak. God wil deur sy heerlikheid, sy onpeilbare grootheid in jou hart en in myne inskyn. Ons lees in:

2 Korintiërs 3:18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

Hoe meer ons na Jesus kyk, hoe meer vul sy heerlikheid ons. En in die namate wat ons na Hom kyk en met Hom omgaan, verander Hy ons en weerkaats ons meer en meer van sy heerlikheid. Ons word gaandeweg deur die werking van die Heilige Gees, na sy beeld verander. Soos ons vertroue in Hom toeneem, word ons gevul met sy vreugde en vrede en ons smag daarna om Hom te gehoorsaam en te eer.

Leer Jesus intiem ken … en laat Hom toe om jou te verander van heerlikheid na selfs meer heerlikheid, sodat jy uiteindelik meer en meer soos Hy lyk. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.