... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Neem Wyse Besluite

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 9:7,8 Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.

Listen to the radio broadcast of

Neem Wyse Besluite


Download audio file

Het jy al ooit onder druk gevoel om te geld gee? Ons ken almal daardie ongemaklike gevoel wat ons ervaar wanneer mense aan ons deur klop en vir hierdie of daardie saak geld vra, of ‘n e-pos stuur om ondersteuning te vra, nè?

Dit lyk asof almal deesdae bakhand staan en jou arm wil draai om by te dra. Dit wil voorkom asof daardie kriewelrige gevoel wat ons soms kry, hoofsaaklik deur een van twee redes veroorsaak word. Eerstens kan dit wees omdat ons nie tot die spesifieke saak aangetrokke voel nie en tweedens, omdat ons bang is dat, as ons gee, ons nie genoeg vir onsself sal oorhê nie … en dit laat ons skuldig voel.

Dit is ongemaklik, nè? Nou wat moet ons dan doen?

In 2 Korintiërs 9:7,8 staan: Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.

Met ander woorde, eerstens moet ons aan dié gee, wat die Heilige Gees ons lei om aan te gee. Dit sal vir ons vreugde bring. Jy moet nooit onder druk gee nie en moet nooit toelaat dat jy gemanipuleer word om te gee vir ‘n saak waarmee jy nie gemaklik is nie.

En wanneer jy wel gee, gee mildelik. Moenie bang wees dat jy nie genoeg vir jouself sal oorhê nie, want jy sal nooit soveel kan gee, as wat God vir jou gegee het nie. Hy het diegene lief wat blymoedig gee. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.

Gee soos die Gees jou lei.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.