... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Nader As Jy Dink

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

Gister het ons gesels oor hoe klein, hoe ontoereikend, hoe leeg ons soms voel wanneer ons voor God kom. Jy ken daardie gevoel, God is so groot, so ongelooflik groot, so liefdevol, maar jy het vandag net mooi niks om vir Hom te gee nie?

Ons het almal al daardie gevoel van ontoereikendheid ervaar. Daardie dae wanneer jy voel dat jy nie eers jou kop kan oplig om God te aanbid nie. Dit is ‘n ontstellende gevoel. Ons voel asof ons Hom in die steek laat.

Hierdie groot God, die Skepper van die Heelal, die Een wat Jesus gegee het as ‘n offer vir ons sonde … en ons het niks om vir Hom te gee nie? Dis hartseer, nè. En tog ken God al ons swakhede. Hy weet hoe die lewe ‘n mens se siel kan wegskeur. Hy weet hoe moeilik dinge kan wees, fisies, emosioneel en geestelik.

En dit, my vriend, is juis waarom die Skepper van die heelal, die Een wat dit alles bymekaar hou, afgekom het om een van ons te wees.

Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

Van die begin af het God daarna verlang om by Adam en Eva in die tuin van Eden te wees. Teen die tyd wat die aandwind opkom, het Hy saam met hulle gestap. En ons sien ook in die Ou Testament hoe God in die Tabernakel, die Tent van samekoms in die woestyn, saam met Israel gewoon het. So ook later in die Tempel wat Salomo in Jerusalem gebou het.

Maar hier sien ons hoe Christus nader aan ons kom. Die Woord, die logos, Jesus deur wie alle dinge geskep is, het ‘n mens geword om – letterlik by ons te “tabernakel” – om onder ons te kom woon.

Jesus is God wat nader aan ons kom. Naby jou, naby my.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.