... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Slagoffer-mentaliteit lei tot Ondergang

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 73:26 Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.

Identiteitspolitiek is deesdae besig om die wêreld te oorheers. Dit beteken dat as jy my op enige manier kritiseer, my leefstylkeuses, my standpunte, ensovoorts, val jy my identiteit aan en jy het geen reg om dit te doen nie.

Ek is seker jy het al gesien hoe identiteitspolitiek in die alledaagse lewe afspeel. As jy nie saamstem met my politiek, my seksualiteit, of my ideologie nie … beroof jy my van wie ek is!

Jy moet deesdae so versigtig wees, want jy kan so maklik vir iemand aanstoot gee.

Wil ons mense se gevoelens doelbewus seermaak? Natuurlik nie! Maar terselfdertyd moet ons in staat wees om vrylik gedagtes te kan wissel; om oor idees te kan debatteer en inderdaad vrylik te kan verskil van die volgende persoon. Vryheid van spraak is immers slegs vryheid van spraak as dit die dinge waarmee jy saamstem insluit SOWEL AS dinge waarmee jy nie saamstem nie.

Waarom praat ons hieroor? Omdat hierdie slagoffer-mentaliteit – en laat ons duidelik wees, dit is wat dit is! – baie aansteeklik is. Ons voel verontreg wanneer mense daar buite ons geloof in Jesus aanval. Dit is nie regverdig nie. Hulle moet nie toegelaat word om dit te doen nie …

Is dit moeilik as iemand ons geloof kritiseer of ons verkleineer? Ja dit is! Natuurlik is dit. Nou ja … wat is dan die antwoord?

In Psalm 73:26 staan: Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.

Die antwoord is dat God jou krag is. Die antwoord is dat wanneer mense jou oor jou geloof aanval, jou vermy, beledig en verkleineer … kan jy jou met volle vertroue jou tot Hom wend, met die wete dat Hy jou bron van krag is en dat jy altyd syne is.

Moenie toelaat dat identiteitspolitiek jou beïnvloed nie. Moenie die slagoffer speel nie. Dit sal jou vernietig.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.