... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Onpeilbare God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Konings 8:27,28 "Sou God werklik op die aarde woon? Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het! Hoor tog, Here my God, die gebed van u dienaar, hoor sy smeking, luister na die hulpgeroep, die gebed wat u dienaar vandag tot U rig.”

Nou-ja sê my, wat is jou begrip van God? Is Hy van ewigheid tot ewigheid? Is Hy verhewe bo alles? Is Hy die Skepper van die heelal? Hoe verstaan jy in jou hart en verstand die realiteit van wie God werklik is?

Nou die dag, in my eie vroeë oggend stiltetyd van gebed en Bybellees, het ek gevind dat ek na God toe gaan met niks om te gee nie. Dit het gevoel asof ek niks gehad het om oor te bid nie. Daar was net niks daar nie. En die rede waarom ek dit met jou deel, is dat dit van tyd tot tyd met ons almal gebeur, en tog wil nie een van ons dit aan onsself erken nie, wat nog te sê, daaroor praat.

Ons ken die teorie – God is van ewigheid tot ewigheid, Hy is verhewe bo alles, Hy is die Skepper van die heelal. Maar ons is so klein, so onbeduidend, so leeg party dae, dat dit byna onmoontlik is om daardie waarheid vas te vat.

Terwyl koning Salomo voor die volksvergadering van Israel gebid het toe die Verbondsark, wat die teenwoordigheid van God self bevat, in die nuutgeboude tempel ingebring is, is dit wat hy gesê het in:

1 Konings 8:27,28 Sou God werklik op die aarde woon? Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het! Hoor tog, Here my God, die gebed van u dienaar, hoor sy smeking, luister na die hulpgeroep, die gebed wat u dienaar vandag tot U rig.”

Ja, God is heeltemal te groot vir ons om te begryp, maar Hy smag daarna om hier by ons op aarde te woon. Hy smag daarna om na ons gebede te luister. Wanneer jy te klein voel, heeltemal onvoldoende, en met niks om te gee nie, onthou, Hy is hier saam met jou.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.