... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Eensame Tyd

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 138:8 Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.

Hoe sal jy hierdie dag deurbring? Omring deur mense, of heeltemal alleen … of albei? Hoe dit ook al sy, vandag is daar een ding wat waar is. Jy sal nie alleen wees nie. Kersfees; ‘n tyd wanneer ons veronderstel is om deur geliefdes omring te wees, ‘n tyd van viering, maar dit kan vir sommige mense ‘n baie eensame dag wees. Maar dis nie altyd so nie. Ek onthou ‘n Kersfees vyf en twintig jaar gelede toe ek hopeloos alleen was. Ek het wakker geword en met die trap afgegaan om ‘n koppie tee te maak, maar die leegheid, die stilte was byna tasbaar. Ek het gaan sit en tyd met God deurgebring. Die trane het oor my wange gerol. Ek was ontsettend alleen. En net daar, terwyl ek daardie tyd saam met Hom deurgebring het, het ek iets ervaar wat moeilik is om in woorde uit te druk. My God was daar en Hy het my op so ‘n spesiale manier gevul met sy teenwoordigheid en sy liefde. Dit was ongelooflik. Jy weet, deur die jare het ek agtergekom dat hoe groter my behoefte is, hoe meer oorweldigend is sy liefde. Deesdae is ek met Kersfees omring deur ‘n wonderlike gesin en alles voel fantasties, maar ek sal nooit die gewaarwording van daardie Kersfees, wat ek jare gelede alleen met my God deurgebring het, vergeet nie. Hier in Psalm 138:8 staan: Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie. Wat jou Kersdag ook al vandag vir jou inhou, laat ek jou aanmoedig om tyd te maak om alleen saam met jou God te wees en self die wonder van sy teenwoordigheid en die wonder van sy liefde te ervaar. Mag jy en diegene vir wie jy lief is, ‘n geseënde Kersfees hê. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge