... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Meegesleur Word Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Deuteronomium 6:10-12 “Die Here jou God sal jou bring in die land waarvan Hy met 'n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het om vir jou groot en mooi stede te gee wat jy nie gebou het nie, huise vol voorrade waarvoor jy nie gewerk het nie, putte wat jy nie uitgekap het nie, wingerde en olyfboorde wat jy nie geplant het nie, en jy sal kos in oorvloed hê. Maar sorg dat jy nie dan die Here vergeet wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het nie.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Meegesleur Word Nie


Download audio file

Ons dink dat dit baie makliker is om ‘n Christen te wees; om Jesus te volg en om God te eer wanneer dit goedgaan met jou; dat dit baie makliker is om sy lof te besing wanneer ons geseën word, as wanneer ons swaarkry. Maar ek wonder of dit werklik waar is.

Ons sal beslis almal verkies om tye van seëninge in ons lewens, eerder as selfs een kort seisoen van lyding, te hê, nè? Dit spreek tog vanself! Plaas jouself in die Israeliete van die ou Testament se skoene: Sou jy eerder ’n slaaf in Egipte wou wees, of wou woon in die Beloofde Land, wat oorloop van melk en heuning? Dit is nie ‘n strikvraag nie!

Maar terwyl die Israeliete op die drumpel van die Beloofde Land gestaan het en terwyl God hulle vertel het van al die seëninge wat op hulle wag, het Hy hulle ook ‘n waarskuwing gegee. Ons lees in: 

Deuteronomium 6:10 tot 12 “Die Here jou God sal jou bring in die land waarvan Hy met ‘n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het om vir jou groot en mooi stede te gee wat jy nie gebou het nie, huise vol voorrade waarvoor jy nie gewerk het nie, putte wat jy nie uitgekap het nie, wingerde en olyfboorde wat jy nie geplant het nie, en jy sal kos in oorvloed hê. Maar sorg dat jy nie dan die Here vergeet wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het nie.

Maar wanneer die seëninge op jou neerreën, is dit maklik om God te vergeet, nè? Dit is baie maklik om so meegevoer te raak deur die seëninge, dat ons van die God, wat ons uit die slawerny van ons sonde gebring het, vergeet!

Wees dus versigtig! Moenie die HERE vergeet nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.